Finansiële beheer en vryheid in ons eie hande​​​​​​​
Saam​​​​​​​
AEM is nie versekering nie
AEM bied nie versekering aan nie. AEM verskaf basies 'n fasiliteit waar ons ons voorsiening saamvoeg sodat ons mekaar in nood of verlies kan bystaan. Die besparing kan aangewend word om die gemeenskap ekonomies te bemagtig.
Oortollige fondse wat tussen die lede gespaar word, kan byvoorbeeld aan lede beskikbaar gestel word om skuld wat rente trek te delg.
Vryheid van Skuld
Breek los van die juk
AEM Proviso Kooperasie Beperk (Reg no 2013 / 007287 / 24) is 'n instrument wat ons in staat stel om los te breek van die juk van die huidige finansiële stelsels en om in vryheid en oorvloed te begin lewe. Dit is egter 'n proses en dit benodig 'n vernuwing van ons denke, naamlik onderlinge samewerking in plaas daarvan dat elkeen sy eie potjie probeer grawe met die hulp van formele winsbejagte instellings.
AEM skep die geleentheid vir 'n lid om op eie pas hom of haar self te bestuur uit die formele sisteme na die nuwe bedeling. Hoe vinniger 'n lid se belang groei hoe meer ondersteuning is moontlik.
Let wel, dit is belangrik dat 'n nuwe lid in gesprek tree met die persoon wat hom verwys of die bestuur om saam die beplanning te doen en risikos in ag te neem en te bestuur.
Vir 'n individu wat verkies om eie voorsiening te skep as alternatief, is die risiko dalk te groot om dit alleen te doen.
Vir die rede is die risiko laer indien 'n paar families of lede saam poel om mekaar te ondersteun in veral die begin fase terwyl fondse opgebou word.
Wat hou ons terug?
AEM Primêre Koöperasie bied 2 primêre poele waartoe lede bydraes kan maak om te spaar, te leen en hulle by te staan ​​in geval van finansiële behoeftes wat mag voortspruit uit skade of ander verliese aan eiendom en mediese redes.
Eenvoudig gestel, ons as lede se gemene doel is om ons premies wat aan versekeraars en mediese fondse betaal word eerder te poel om ons potensiële verliese self te finansier en self die winste daarvan te geniet en aan te wend vir ons eie ekonomiese ontwikkeling en bemagtiging. Dit beteken dat daar nie spesifieke waarborge soos versekering en herversekering ens is nie en geen spesifieke bedrae gewaarborg is nie, maar dit beteken ook dat alle oortollige fondse tot voordeel van al die lede aangewend moet word.
In die beginfase terwyl AEM se fondse toeneem sal hulp en lenings aan lede beperk word tot 'n persentasie of veelvoud van hul belange in die poele.
Hoe AEM Funksioneer
Skep Finansiële Vryheid Saam
​​​​​​​Die bedeling is gemik op 'n motief van hoe ons mekaar in nood kan bystaan eerder ​​as om te sien wat ons uit die sisteem kan gebruik.
Sanlam en Ou Mutual asook Volkskas het aanvanklik dit in gedagte gehad en dit het ongelooflike ekonomiese stimulus tot gevolg gehad. AEM se verdere oogmerk is om ons lede skuldvry te kry, te verlos van die las wat rente op ons plaas.